Gedagtes van Seung-Hui Cho

Gedagtes van Seung-Hui Cho
Aron Hyman, 2009.

Die wereld het my siek gemaak.

Te veel vir een mens, een kind gebore in die verkeerde tydperk, in die verkeerde eeu in die verkeerde wereld. Te veel haat verskuil deur ketterige glimlaggies. Te veel liefde wat te min mense kry. Te veel hartseer wat soveel ervaar en net ek sien. Geweld word gekoester deur politici en ouers. Te veel meisies waat rondloop met plat mae sonder hul maagdelikheid. Te veel seuns het te veel hormone en te veel steroids en kreatien wat hul ego's gevaarlik groot maak. Te veel trots en te veel geld. Biljoene, brand- nee, verskroeiend arm in 'n verwarmde siek moederaarde wat verkrag word deur 'n paar skat-ongoddelike rykes. Diktators en presidente het te veel diamante en te veel gewere en kinders.

As ek net met hierdie geweer en die koëls daarin vir 'n paar mense 'n uitweg kan bied dan doen ek dit, want dit sal selfsugtig wees om dit nie vir hulle te gun nie. Hulle oë is swak, maar ek was die wagter in die nag wat die wolf waargeneem het en ek het gesien die onreg was oppad om ons almal te verorber. Hoe lank sou dit die blindes gevat het om agter te kom daar is geen geregtigheid nie? Hulle wat in die donkerte doelloos rondskuifel is nagverblind deur die aard van die donker self.

Geen uitweg word vir die swakkere gebied wat geboelie en mishandel word nie. Ja, ek sal aan julle dink as ek vandag 'n baie hartseer boodskap aan die wereld skryf. Ek is jammer dat julle nie vroeër wou luister of kon sien nie, want miskien sou ek dit dan nie hoef te gedoen het nie. As julle die ondier kon sien grom op die buitewyke van julle psige, miskien sou julle my dan kon stop.

Moenie skreeu as ek skiet nie, want wees gerus, niemand sal jou weer spot oor hoe jy lyk of waar jy vandaan kom nie. Hulle sal nie kan nie, want waarheen ek jou stuur maak net jou gees saak. Miskien.

Moenie skreeu as ek skiet nie, want julle is deel van die opoffering wat gemaak moet word sodat ander se oë kan oopgaan.

Moet nie skreeu as ek skiet nie, want glo my jy wil nie hier wees as ons deur die dun ys val nie.

Dit is alles te veel. Te veel vir my. Te veel en te hartseer. Te min wat omgee. Te min word gered en verlos.

Moet nie skreeu as jy die geweer teen jou kop sit nie. Jy was die brawe een. Jy het met elke druppel bloed 'n boodskap aan die wêreld geskryf. Hulle sal jou altyd onthou as die boodskapper wat die ondier in die lig opendbaar het.

Hoe sal hulle jou ooit kan vergeet?